Walter delf in die Evangelie van Johannes, veral in die laaste ure voor Jesus se kruisiging. Jesus kry Sy dissipels bymekaar vir Sy laaste maaltyd met hulle en die woorde wat Hy spreek is spesifiek vir hulle ore bedoel om hulle te bemagtig vir die werk wat vir hulle voorlê. Soos die dissipels mekaar moes liefhê, so moet daar aan die einde van tyd ‘n groep wees wat die luide roep moet gee, wat in liefde eensgesind moet wees. Hulle moet saamstaan rondom hulle geloof en daar mag geen verdeling aangaande die Boodskap wees nie. Ons moet ‘n boodskap verkondig dat die Een wat verheerlik moet word, Jesus Christus is en Hy alleen. Die laaste boodskap moet die volle waarheid behels, van Génesis tot Openbaring, elke woord.
Vir Jou Ore Alleenlik, deur Walter Veith
R0
Language: Afrikaans
Release Date: 2020
Duration: 64 Minute
Publisher: Clash Of Minds
Format: Enkel DVD
| Weight | ,082 kg |
|---|---|
| Dimensions | 19 × 13,5 × 2 cm |
| Author | Walter Veith |
| Category | DVD |
| Type | DVD Disk |
| Topic | Bible Doctrine |
| Language | Afrikaans |



Reviews
There are no reviews yet.